This translation may not reflect the changes made since 2008-12-09 in the English original.

Please see the Translations README for information on maintaining translations of this article.

Die Vrye Sagteware Definisie

Ons onderhou die definisie van vrye sagteware om te verseker dat daar duidelik verstaan kan word wat waar moet wees omtrent 'n besondere sagtewareprogram alvorens dit as vrye sagteware beskou kan word.

“Vrye sagteware” gaan oor vryheid en nie prys nie. Daarom die woord “vry” en nie gratis nie. Vrye sagteware kan jou geld kos terwyl sommige sagteware wat jy verniet kry nie noodwendig vry is nie.

Vrye sagteware gaan oor 'n gebruiker se reg om die sagteware/programmatuur te kan hardloop, kopieër, versprei te bestudeer, te verander en te verbeter.  Meer presies verwys dit na vier soorte vryhede vir die gebruikers van die sagteware:

'n Program is vrye sagteware as gebruikers al hierdie vryhede geniet. Dus behoort dit jou vry te staan om kopieë te herversprei, hetsy met of sonder veranderinge, hetsy gratis of deur 'n verspreidingsfooi te vra, vir enigeen op enige plek.  Om vry te wees om hierdie dinge te doen beteken (onder andere) dat jy nie vir toestemming hoef te vra of te betaal nie.

Die vryheid om 'n program te hardloop beteken dat enige soort persoon of organisasie vry is om dit op enige soort rekenaarstelsel te gebruik vir enige soort werk of doeleinde, sonder dat daar vereis word om dit an die ontwikkelaar of enige besondere instansie tekommunikeer. Met hierdie vryheid is die gebruiker se doelwit belangriker, nie die ontwikkelaar s'n nie; jy as 'n gebruiker is vry om 'n program te gebruik vir jou doeleindes en as jy dit aan iemand anders versprei, is daardie persoon dan vry om dit vir sy eie doeleindes te gebruik en is jy nie geregtig om beperkinge op daardie persoon telê nie.

Jy behoort ook die vryheid te hê om veranderinge te maak en hulle vir privaatdoeleindes te gebruik as jy werk of speel sonder om die bestaan van sodanige veranderinge hoef bekend te maak.  As jy jou veranderinge publiseer behoort daar nie van jou vereis te word om iemand in besonder daarvan in kennis te stel nie of op 'n besondere manier daarvan in kennis te stel nie.

Die vryheid om kopieë te herversprei moet binêre of uitvoerbare vorms van die program, asook die bronkode insluit vir beidie onveranderde en veranderde weergawes.  (Die verspreiding van programme in uitvoerbare vorm is nodig vir gerief van installasie op vrye bedryfstelsels)  Dit is aanvaarbaar as daar geen manier is om 'n binêre of uitvoerbare vorm van 'n sekere program te skep nie (aangesien sekere tale hierdie kenmerk nie ondersteun nie), maar jy behoort die vryheid te hê om sulke vorme te versprei as jy 'n manier vind of ontwikkel om dit te kan maak.

Ten einde die vryheid om veranderinge te maak en verbeterde weergawes te implementeer, betekenisvol te maak, moet jy toegang tot die bronkode van die program hê. Daarom is toegang tot die bronkode 'n voorvereiste vir vrye sagteware.

Een belangrike manier om 'n program te verander is deur dit saam te smelt met ander beskikbare vrye subroetines en modules. As die program se lisensie jou verbied om bestaade modules te benut, soos om te vereis dat jy die kopiereg hou op enige kode wat jy byvoeg, dan is die lisensie te beperkend om te kwalifiseer as vrye sagteware.

Vir hierdie vryhede om verwesenlik te word moet hulle onherroeplik wees solank as wat jy niks verkeerd gedoen het nie; as die ontwikkelaar van die sagteware die mag het om die lisensie te herroep, sonder dat jy aanleiding daartoe gegee het, is die sagteware nie vry nie.

Sommige reëls oor die manier waarop vrye sagteware versprei moet word is aanvaarbaar, as hulle nie met die kernvryhede inmeng nie. Kopielinks, byvoorbeeld is die reël wat bepaal dat wanneer die program herversprei word, jy nie beperkinge kan bylas om ander mense die kernvryhede te ontsê nie. Hierdie reël is nie in stryd met die kernvryhede nie; dit beskerm hulle eerder.

In die GNU-projek, word kopielinks gebruik om hierdie vryhede wettiglikvir almal te beskerm.  Daar bestaan egter ook nie-kopielinkse vrye sagteware. Die GNU-projek se mense glo dat daar belangrike redes is waarom dit beter is om kopielinks te gebruik, maar as jou program nie-kopielinkse vrye sagteware bevat kan dit steeds aanvaarbaar geag word. Sien Kategorieë van Vrye Sagteware vir 'n beskrywing van hoe vrye sagteware, kopielinkse sagteware en ander kategorieë sagteware verband hou met mekaar.

“Vrye sagteware” beteken nie “nie-kommersieël” nie. 'n Vrye program moet beskikbaar wees vir kommersiële gebruik, -ontwikkeling en -verspreiding.  Kommersiële ontwikkeling van vrye sagteware is nie meer ongewoon nie; sulke vryekommersiële sagteware is baie belangrik. Jy mag dalk geld betaal het om kopieë van vrye sagteware te bekom, of jy mag kopieë verniet gekry het.  Ongeag van hoe jy jou kopie in die hande gekry het, het jy altyd die vryheid om kopieë te maak en die sagteware te verander en dit selfs te verkoop

Reëls oor hoe om 'n veranderde pakket te verpak is aanvaarbaar as hulle nie jou vryheid beduidend beperk om veranderde weergawes te versprei nie of jou vryheid om veranderings privaat te maak en te gebruik nie. Reëls wat van jou vereis om 'n pakket op 'n besondere manier beskikbaar te maak indien jy dit op 'n andermanier doen is ook aanvaarbaar op dieselfde voorwaardes (Neem kennis dat so 'n reël jou nog steeds vrystaan om te besluit of jy jou weergawe wil publiseer aldan nie). Reëls wat die vrystel van die bronkode vereis aan gebruikers van weergawes wat jy vir openbare gebruik beskikbaar stel is ook aanvaarbaar. Dit isook aanvaarbaar dat die lisensie vereis dat, as jy 'n veranderdeweergawe versprei het, jy dit op aanvraag aan die vorige ontwikkelaarmoet stuur of dat jy jouself op veranderinge identifiseer.

Soms stel regerings uitvoerbeheermaatreëls en handelsanksies in wat jou vryheid om sagteware internasionaal te versprei kan beperk. Sagteware ontwikkelaars het nie die mag om hierdie beperkings te elimineer of ter syde te stel nie, mar wat hulle kan en moet doen is om te weier om dit as voorwaardes vir verspreiding van die program te stel. Op hierdie manier sal die beperkinge nie mense buite die jurisdiksie van hierdie regerings beïnvloed nie.

Die meeste vrye sagteware lisensies is gebaseer op kopiereg en daar bestaan beperkinge op watter soorte vereistes deur middel van kopiereg opgelê kan word. As 'n kopiereggebaseerde lisensie vryheid op bostaande wyse beskryf respekteer is dit onwaarskynlik dat daar die een of ander probleem sou opduik wat nie voorsien kon word nie (alhoewel dit van tyd tot tyd wel gebeur). Sommige vrye sagteware lisensies is egter gebaseer op kontrakte en kontrakte kan 'n baie weier reeks beperkinge oplê. Dit beteken dat daar baie moontlike maniere is waarop so 'n lisensie onaanvaarbaar beperkend en nie-vry kan wees nie.

Dit is onmoontlik om al die maniere te lys waarop dit moontlik kan gebeur. As 'n kontrakgebaseerde lisensie 'n gebruiker op 'n ongewone wyse beperk wat nie moontlik is met lisensies wat op kopiereg gegrond is nie en wat nie hier as aanvaarbaar gelys word nie, sal dit waarskynlik oorweeg moet word en in alle waarskynlikheid nie aanvaar word as vrye sagteware nie.

Wanneer daar oor vrye sagteware gepraat word is dit beter om begrippe soos "weggee" of "gratis" te gebruik omadt daardie begrippe impliseer dat dit oor prys alleen gaan en nie vryheid nie.  Sommige algemene begrippe soos kopieregskending (piracy) sluit opinies in wat ons hoop u nie ondersteun nie.  Sien verwarrende woorde en frases wat vermy moet word vir 'n bespreking oor hierdie begrippe.  Daar is ook 'n lys van vertalings van vry sagteware in verskeie tale.

Laastens moet u kennis neem dat kriteria soos die wat deur hierdie sagteware definisie uitgestip word versigtige oorweging verg vir hulle vertolking. Om te besluit watter sagteware lisensie as 'n vrye sagteware lisensie kwalifiseer word dit op hierdie oorwegings beoordeel om te bepaal of dit pas by die gees en letter van hierdie bepalings. As 'n lisensie onbillike beperkinge insluit, word dit verwerp, selfs al is die kwessies in hierdie kriteria nie deur ons voorsien nie. Soms sal 'n lisensie-vereiste 'n kwessie aanraak wat uitvoerige oorweging verg, insluitende besprekings met regsgeleerdes, voordat daar besluit kan word of hierdie vereistes aanvaarbaar is.  Wanneer daar 'n gevolgtrekking gemaak word rondom 'n nuwe kwessie, word hierdie kriteria dikwels opgedateer om dit makliker vir andere te maak om te sien waarom sekere lisensies as vryesagteware kwalifiseer aldan nie.

As u belangstel om te weet of 'n spesifieke lisensie kwalifiseer as 'n vrye sagteware lisensie, sien ons lys vanlisensies.  As die lisensie  wat u oorweeg nie hier gelys is nie, kan u onsdaaroor uitvra deur 'n epos aan ons te stuur by <licensing@gnu.org>.

As u oorweeg om 'n nuwe lisensie te skryf, kontak asseblief die Vrye sagtewarestigting (FSF) by die bogenoemde adres. Die vervuiling van sagteware lisensies beteken dat daar van gebruikers meer werk geverg word om hierdie lisensies te verstaan; ons mag kan help om 'n bestaande sagteware lisensie te vind wat aan u behoeftes voldoen.

As dit nie moontlik is nie en u regtig 'n nuwe lisensie benodig, kan ons u help om te verseker dat die lisensie werklik 'n Vrye Sagteware lisensie is en sodoende verskeie praktiese probleme vermy.

Verder as Sagteware

Sagtewarehandleidings moet ook vry wees om dieselfde redes dat sagteware vry moet wees en omdat die handleidings in wese deel is van die sagteware.

Dieselfde argument maak ook sin vir ander soorte werke van praktiese waarde - dit wil sê, werke wat nuttige kennis vervat, soos opvoedkundige - en verwysingswerke. Wikipedia is die bes bekende voorbeeld daarvan.

Enige soort werk kan vry wees en die definisie van vrye sagteware is uitgebrei tot 'n definisie van vrye kulturele werke wat toepaslik is op enige soort werk.

Oopbron?

'n Ander groep het begin om die begrip oopbron te gebruik om iets soortgelyks (maar nie identies) aan vrye sagteware te beteken. Die begrip vrye sagteware word verkies omdat dit vryheid beklemtoon. Die woord oop verwys nooit na vryheid nie.